Mini-tennis - Hoërskool Ermelo
Mini-tennis – Foto: Die groep leerders wat deelgeneem het aan die tennistoernooi

Mini-tennis – Hoërskool Ermelo


Mini-tennis. Hoërskool Ermelo bied vir die tweede agtereenvolgende jaar ‘n Mini-Tennis Dubbelstoernooi vir die jongspan aan. 28 Spelers het ingeskryf en as dubbelspare in twee groepe meegeding.

Na die rondomtalie-wedstryde is daar oorkruis uitgespeel om die wenner te bepaal. Daniël en Ivan het uitgetree as die wenners in ‘n naelbytfinaal.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://erries.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article