Midstream Atletiekbyeenkoms. Hoërskool Ermelo se atlete het Vrydag, 11 Februarie, te Hoërskool Midstream deelgeneem aan die Midstream College, Olifantsfontein, Atletiekbyeenkoms. Deelnemende skole was Midstream College, Hoërskool Alberton, Hoërskool Overkruin en Curro Hazeldean.  Dit was die laaste geleentheid vir die seisoen ter voorbereiding van die interhoër.

Deur hierdie seisoen het die Errie-atlete hul goed van hul taak gewyt en die skool wil hul opgewondenheid uitspreek oor die Interhoër wat eerskomende Saterdag, 19 Februarie, gaan plaasvind te Secunda Stadion.

“Ons is ongelooflik trots op die Errie-Atlete en ons het volle vertroue dat julle ons baie trots gaan maak by hierdie puik geleentheid.”

Die seuns eerste-tennisspan van Hoërskool Ermelo het ook Vrydag, ‘n wedstryd gespeel.  Die spelers het waardevolle ondervinding opgedoen ter voorbereiding van die Groot Vyf tennistoernooi eerskomende naweek in Nelspruit.

Mia Davel van Erries tydens Saterdag se Midstream Atletiekbyeenkoms
Tyrone Berning en Wian Swart van Erries by Saterdag se Midstream Atletiekbyeenkoms
Tiaan Grobler van Erries

Foto’s verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article