Gauteng – Hoërskool Randburg vier met trots die uitstaande prestasie van Megan Kleynhans. Megan is ’n gr 10-leerder wat op 3 Oktober 2026 aan die UIPM African Continental Laser Run Kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem het.

Sy het haar merk gemaak met ’n 1ste plek in die Dogters o.17-afdeling. Megan dra nou die titels van 2026 se Suid-Afrikaanse Laser Run-kampioen én Afrika-Laser Run-kampioen. Haar veelsydigheid blyk verder uit haar oorwinning as Suid-Afrikaanse meisies o.17-triatlonkampioen!

Hierdie jong kampioen berei haar tans voor vir die volgende groot uitdaging. Die deelname aan die UIPM Biathle-, Triathle- en Laser Run Wêreldkampioenskappe. Dit vind plaas vanaf einde Oktober 2026 in Funchal, Madeira, Portugal.

Hoërskool Randburg is baie trots op Megan se besondere prestasies en hou styf duim vas vir haar sukses op die wêreldverhoog.

https://www.hsrandburg.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article