Manshokkie. Theuns Theunissen, Oud-leerder van Hoërskool Upington, presteer geweldig goed in hokkie. Hy is tans ‘n tweede jaar student aan die Noord-Wes Universiteit van Potchefstroom.

Theuns speel tans vir Pukke se eerste hokkie span. Hy is ook gekies vir die Noord-Wes o/21 mansgroep wat vanaf 21 tot 24 April gaan deelneem in Gqeberha. Theuns is ook verlede jaar verkies tot die Noord-Wes senior manshokkie-span wat vir ‘n oefengroep gekies was om teen die Protea manshokkie span te speel vir voorbereiding vir die Olimpiese Spele. Theuns rig ook Bellatrix Dames koshuis se eerstejaars-hokkiespan af wat die koshuisliga beker gewen het.

Baie geluk, Theuns. Uppies is baie trots op jou!

#uppies#hockey#ouduppie

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

http://www.uppies.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article