Dirk Hoffman in die 400mH seuns o19.

Liggies palm medaljes in by vriendskaplike atletiekbyeenkoms


Jacolien du Preez o16 atleet van Ligbron

Die atlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 1 Februarie, aan ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms deelgeneem wat by HTS Witbank plaasgevind het. HTS Witbank, Ligbron, Cambridge College, Curro Nelspruit en Hoërskool Hoogenhout was die skole wat aan die byeenkoms deelgeneem het.

Die Liggies het die volgende medaljes verwerf:  37 Goud, 33 silwer en  43 brons.  ‘n Totaal van 113 medaljes vir die dag.

Twee Liggie-atlete het ook elkeen ‘n trofee gekry vir hulle uitstekende prestasies: Anele Ngwenya is aangewys as die beste junior seun veldatleet en Kwanele Nkambule is aangewys as die beste senior seuns baanatleet vir die dag.

JP Louw o19 van Ligbron

 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article