Zikhona Mbuqe, graad 11 leerder van Hoërskool Cradock, is gekies vir die OP o/18-vrouespan wat van 4 tot 6 Augustus deelneem aan die SARU Youth Training Centre (YTC) te Bloemfontein.
Zikhona oefen saam met CHS se eerste rugbyspan en woon ook OP-oefenkampe by sover moontlik. In die posisie van hakker, haar gunsteling, kan sy enige kranige rugbyseun ‘n ding of twee wys! CHS is geweldig trots op hierdie leerder!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article