Die afgelope tyd was weer propvol opwinding vir Laerskool Stulting, Humansdorp, se netbal- en rugbyspanne. Alhoewel hulle opponente baie sterk was, het die spanne oor die algeneem goeie resultate behaal.

 

Hier is ‘n paar van die uitslae:

  • Die o/13 A netbalspan speel teen Blanco van George en wen 12 – 7

 

Gamtoos Sportdag:

 

  • Die o/12 A netbalspan wen 3 wedstryde en word ook aangewys as die span van die dag
  • Die o/12 B netbalspan wen 3, maar verloor 1 wedstryd
  • Die o/11 A rugbyspan dring deur na die finaal en wen die toernooi
  • Ook die o/13 A rugbyspan wen die toernooi tydens die finaal
    O/11A rugby

    O/13 manne in aksie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article