Tydens die jaarlikse kleure-gala op Dinsdag 13 Februarie 2018 het die leerders van Hoërskool Cradock die geleentheid gehad om hul slag in die water te wys en die Kwaggas het díe kans met beide hande aangegryp om ‘n verfrissende middag in die water te spander.  Besoekende leerders van Cradock Laerskool sowel as Hoër Landbouskool Marlow het ook saam gekuier en geswem en bygedra tot die feestelike atmosfeer wat geheers het langs die swembad.

Theuns van der Nest en Imogen van Rooyen was die twee uitblinkers op die dag en het onderskeidelik die titels van Victor- en Victrix Ludorum verower. Die Rooispan het ook geseëvier en met 160 punte teenoor 132 met die Blouspan afgereken.

Tussendeur die formele items op die program kon leerders ook deelneem aan ‘n paar informele items, naamlik die 25m stap, binneband-resies sowel as t-hemp aflos. Leerders het hulself behoorlik geniet en tesame met die pragtige tye wat CHS, CLS en die manne van HLM opgestel het is dit duidelik dat ons Karoo-kinders die waarde van watersport ten volle verstaan!

Kwaggas hou Swemgala - HLM

 

Op die foto’s heel bo en links:
Leerders van CHS en HLM in ligte luim tydens Hoërskool Cradock se jaarliske kleure-gala op 13 Februarie 2018.  Díe span van CHS het die binneband-resies oortuigend gewen deur ‘n ongelooflike 13 spanlede op hul binneband te laai.

 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article