Kwaggas breek rekords by SA Nasionale Kortbad Kampioenskappe
Van links: Isabeau Coetsee,, Alice Esterhuyse en Tiaan Terblanche

Kwaggas breek rekords by SA Nasionale Kortbadkampioenskappe


George – Drie van Hoërskool Outeniqua se talentvolle swemmers het van 24 tot 27 September 2026 aan die SA Nasionale Kortbadkampioenskappe in Pietermaritzburg deelgeneem. Die swemgala is in ’n oop ouderdomskategorie aangebied en het ’n topvlakkompetisie gelewer.

Tiaan Terblanche (gr 10) het onder die PARA‑klassifikasie S13 vir swemmers met lae visie deelgeneem. Hy het in agt individuele items meegeding, al agt finale behaal en ’n verstommende 12 persoonlike beste tye geswem. Tiaan het twee goud-, drie silwer- en twee bronsmedaljes verower – ’n merkwaardige prestasie wat sy toewyding en talent beklemtoon.

Alice Esterhuyse (gr 9) het ook in agt individuele items deelgeneem en drie persoonlike beste tye geswem. Haar konstante verbetering toon groot belofte vir die toekoms.

Isabeau Coetsee (gr 8) het in 8 items deelgeneem en 5 finale behaal (4 A‑finale en 1 B‑finale). Sy het 5 persoonlike beste tye geswem, twee 4de plekke in die rugslag behaal, en ’n goue medalje in die 50 m rugslag verower. Isabeau het boonop 4 Eden‑rekords verbeter: 50 m vlinderslag, 100 m vlinderslag, 50 m rugslag en 100 m rugslag

Die Kwaggas het met hul uitmuntende vertonings en rekordbrekende prestasies die Outeniqua‑naam met trots gedra by die SA Nasionale Kortbadkampioenskappe

https://www.outeniqua.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article