Krieketbestuurs- en Afrigtingrolle. Primêre Skool Naudeville is ongelooflik trots op hul toegewyde personeel wat onlangs verkies en aangestel is in verskeie krieketbestuur- en afrigtingsrolle. Hulle passie vir sport en harde werk dra by tot groot ontwikkeling van die leerders en die bevordering van krieket in die streek.
Personeel wat verkies is tot die Krieketbestuurs- en Afrigtingrolle is:
- Mnr. Tommie Doubell – verkies as Vrystaat Laerskole tesourier, Lejweleputswa voorsitter en o.12 sameroeper van die keurkomitee.
- Mnr. William Goslett – Verkies as Lejweleputswa Tesourier en aangestel as o.13A-afrigter.
- Mnr. Ryan Jacobs – Aangestel as o.12A-skeidsregter.
- Mnr. Kelvin Olivier – Aangestel as o.11A-afrigter.
- Mnr. Harry van Wyk – Aangestel as o.11A-skeidsregter.
- Juf. Maryna de Bruyn en Juf. Anzel Schoeman – Aangestel as o.13A Dogters-afrigters.
- Juf. Rianè du Preez – Aangestel as o.13B Dogters-afrigter.







Personeel wat verkies en aangestel is in verskeie krieketbestuur- en afrigtingsrolle (Foto verskaf)
Naudies is bevoorreg om sulke toegewyde en kundige personeel te hê wat Krieketbestuurs- en Afrigtingsrolle vervul. Hulle inspireer nie net die leerders nie, maar speel ook ’n groot rol speel in die breër sportgemeenskap.







You must be logged in to post a comment.