KAAPSTAD –Kaapse Afrikaanse Eisteddfod. Hoërskool Jan van Riebeeck is besonder trots op vier van hul talentvolle sangers. Jeanne Koen, Lilitha Mhini en Caleb Swart het uitstekende prestasies by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod behaal. Die leerders is as medaljewenners in hul onderskeie afdelings aangewys. Hulle het ook die eer verwerf om op 16 Oktober by ‘n gesogte Prestige Konsert van die Eisteddfod op te tree.
Jeanne Koen, ‘n gr. 9-leerder het twee silwermedaljes verower. Sy is bekroon met ‘n silwermedalje in die sangafdeling, asook ‘n tweede silwermedalje vir Afrikaanse lirieke.
Lilitha Mhini het met haar indrukwekkende vertolking in die Rock- en Pop-kategorie en die sangafdeling ‘n silwermedalje gewen. Caleb Swart is ook met ‘n silwermedalje vereer in die sang- en kunsliedafdeling.


Hierdie prestasies getuig van die leerders se toewyding, harde werk en musikale talent. Hul uitnodiging om tydens die Prestige Konsert op te tree, is verdere erkenning van die hoë standaard wat hulle met hul optredes gehandhaaf het.
“Hoërskool Jan van Riebeeck wens hierdie jong sangers geluk met hul merkwaardige prestasies en sien daarna uit om hul verdere sukses op die verhoog te vier.“
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.