Jong Musikante Kompetisie 2024. Hoërskool Outeniqua, George, se leerders het 7 Junie by die Gala-geleentheid van die George Musiekvereniging se Jong Musikante Kompetisie opgetree. Die items was van ‘n hoogstaande gehalte en getuig van deeglike voorbereiding.

Die volgende pryswenners is aangewys:

  • Jasmin Arries: Beste Senior Sanger
  • Lujah Diedericks en Jody Thorne: Beste Vokale Duet
  • Henco Bester: Beste Blues/Jazz Uitvoering, Musiek Uitmuntendheid, Vokale Kwartet, Beste Vokale Ensemble, Jazzorkes, Beste Instrumentale Ensemble en Beste Senior Ensemble.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrocksa.co.za

https://www.outeniqua.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article