JF Krieketvier drie legendes. Op Dinsdag, 3 Maart 2026, het Hoërskool Jim Fouché se eerste span drie van hul krieket-ikone vir die laaste keer in ligawedstrydaksie gesien:

  • Niel Wilken – 123 wedstryde, ’n ware pilaar van konsekwentheid
  • Christiaan Odendaal – 85 wedstryde, bekend vir sy vasbyt en passie
  • Cobus Wilken – 125 wedstryde, ’n leier op en van die veld

Met elke lopie, vangkans en boulbeurt het julle nie net vir JF gespeel nie, maar vir trots, tradisie en span-gees. Julle het ’n reusebydrae gelewer tot die suksesvolle 2025/26-seisoen en ’n nalatenskap agtergelaat wat jong spelers sal inspireer.

Baie dankie, manne – julle het JF-krieket ryker gemaak! 🏏

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://jf.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article