Bloemfontein. Hoërskool Fichardtpark vier die internasionale sukses van een van sy jong talentvolle leerders. Amber Riddle, gr. 8-leerder het Suid-Afrika met trots verteenwoordig tydens die IDO Disko Wêreldkampioenskappe (International Dance Organization). Dit het plaasgevind in Örebro, Swede van 12 tot 15 September.
Hierdie jaarlikse kompetisie lok van die wêreld se mees belowende en tegnies bedrewe disko-dansers wat teen mekaar meeding vir top-eerbewyse.
Amber het haar veelsydigheid en toewyding ten toon gestel deur in verskeie uitdagende kategorieë op te tree, waaronder:
- Disko Slowdance
- Disko Small Group
- Disko Duo’s

Die skool het hul trots en waardering uitgespreek vir haar harde werk en voortreflike prestasie. Om op so ‘n jong ouderdom al op ‘n internasionale verhoog op te tree vereis uitsonderlike dissipline, tallose ure se oefening en ‘n passie vir die uitvoerende kunste.
Hoërskool Fichardtpark en die breë skoolgemeenskap wens Amber baie geluk met hierdie besondere mylpaal en sien uit na haar toekomstige suksesse in die danswêreld.
Foto’s voorsien







You must be logged in to post a comment.