Rustenburg – Bergsig Akademie is besonder trots op Shanel Baker, wat die skool met groot onderskeiding verteenwoordig het. Sy het tydens die Open Dance Solo S-afdeling nasionaal gewen. Sy het deelgeneem aan die 2026 Nasionale Kampioenskappe van die Federation of Dance Drill Cheerleading & Majorette Sport of South Africa (FDDCMSA) in die Wes-Kaap.

Shanel het die eerste plek vir die Open Dance Solo Senior-afdeling op nasionale vlak verower. Met hierdie indrukwekkende vertoning is sy as nasionale kampioen in haar afdeling bekroon.

Haar prestasie getuig van buitengewone toewyding, harde werk en talent. Dit is eienskappe wat haar in staat gestel het om op die hoogste vlak in die land uit te blink. Bergsig Akademie beskou hierdie prestasie as ’n besonderse eer en is trots daarop dat Shanel die skool se naam met onderskeiding op nasionale vlak hoog gehou het.

Volgens die skool dien haar sukses as ’n inspirerende voorbeeld van wat deur deursettingsvermoë, passie en vasberadenheid bereik kan word.

Bergsig Akademie wens Shanel van harte geluk met haar prestasie en spreek sy trots uit oor die wyse waarop sy die Bergsig-familie verteenwoordig het. Die skool moedig haar aan om aan te hou droom, hard te werk en haar talente verder te ontwikkel.

https://www.bergsigacademy.net/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article