HTS Drostdy, Worcester, vier met groot trots die aanstelling van die Hoofleiers vir 2026/27. Hierdie jong leiers dra die verantwoordelikheid om die tradisie, waardes en trots van die skool met integriteit en visie uit te leef.

  • Hoofseun: Richard van Eeden
  • Hoofmeisie: Danika Fourie
  • Onderhoofseun: Anayo Egbujor
  • Onderhoofmeisie: Lara van Zyl

Baie geluk aan elkeen van julle met hierdie groot eer en verantwoordelikheid. Die Drostdy‑gemeenskap sien met verwagting uit na die leierskap wat julle gaan bied en die positiewe nalatenskap wat julle sal nalaat.

https://htsdrostdy.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article