HTS Drostdy van Worcester, Wes‑Kaap, bars van trots nadat hul 560 kg‑toutrekspan gister as Proteas Suid‑Afrika by die Junior Wêreldtoutrekkampioenskap deelgeneem. Die manne het en in die finaal teen Duitsland die goue medalje verower.
Hierdie gesogte internasionale toernooi bring die wêreld se beste junior, O‑23 en senior spanne byeen. Suid‑Afrikaanse skole het oor die afgelope jare ’n indrukwekkende rekord opgebou. Hoërskool Robertson en Hoër Landbouskool Oakdale het reeds verskeie wêreldtitels en medaljes in die o. 19 en o. 23 afdelings ingepalm. Dit sluit die gesogte 520 kg Gemengde en 560 kg Seuns‑kategorieë in.
Junior toutrek is tans een van die vinnigste groeiende skoolsporte in Suid‑Afrika. Die SA Junior Kampioenskappe wat vroeër vanjaar in Robertson gehou is, was met 405 spanne, die grootste nasionale enkel‑sport skoolbyeenkoms op die Afrika‑kontinent.
HTS Drostdy se prestasie bevestig nie net hul eie toewyding en krag nie, maar ook Suid‑Afrika se posisie as ’n wêreldleier in junior toutrek.
Foto verskaf






