Houtkapper Trail Run. Hoërskool Brandwag, Uitenhage, se landloopatlete het die naweek hul staal gewys tydens die gewilde Houtkapper Trail Run in Knysna. Die uitdagende bergroetes het krag, uithouvermoë en moed vereis – maar die span het met trots en styl die roetes getrotseer.
9 km Trail Run
Met 139 deelnemers aan die korter roete het Brandwag se atlete behoorlik hul merk gemaak:
- Christiano Brown het die veld oorheers met ’n ongelooflike tyd van 42:35 – eerste algeheel, eerste man en eerste in sy ouderdomsgroep.
- Henrico Louw het sterk deurgedruk en algeheel vierde geëindig.
- Alzanderio Willemse, in sy heel eerste trail run, verras met ’n algehele 11de plek – ’n ware vuurdoop!
- Kylie Dorfling behaal ’n silwerplek as tweede vrou en negende algeheel.
- Leané Pretorius, Carli Bekker en Alexa Botes het almal puik gevaar en hul plekke in die top 100 verseker.
’n Besonderse prestasie vir Kylie, Leané, Carli en Alexa. Hulle is almal nog onder 14 jaar oud – en dit was hul eerste trail run ooit!







15 km Trail Run
Die langer, tegniese roete het 182 deelnemers gelok. Hier het Janco Landman sy krag gewys met ’n vyfde plek algeheel en ’n tweede plek in sy ouderdomsgroep.
Die atlete het met deursettingsvermoë en sportmangees die Brandwag-vlag hoog laat wapper.
“Julle het gewys dat trots en prestasie hand aan hand loop.”







You must be logged in to post a comment.