Kylie de Klerk van Hoërskool Wilgerivier het op die laaste dag voor die sperdatum, ‘n advertensie op Instagram gesien waar daar geadverteer word om ‘n kans te staan om op TV te wees. Dis ‘n kursus, MentorMy, wat vir ‘n jaar deur Tertius, Naomi en Louis van Binnelanders, asook Carmen van Suidooster (Daleen van Binnelanders) aangebied word.
Sy moes ‘n kort gedig leer en dit opsê om gekeur te word.
Alle klasse word aanlyn aangebied en oor 6 maande ontmoet hulle almal mekaar in Pretoria vir ‘n werkswinkel.
Wilgies is saam met haar opgewonde vir die geleentheid!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article