Simoné van Zyl: Hoofdogter

V: Die lockdown-snack wat gaan maak dat my skoolklere te styf sit wanneer die skool weer begin… 

A: Verseker pers Fizzers, chocolate Steri Stumpies en Tinkies.

V: Jy is ‘n inkleur potlood. Watse kleur is jy en waarom?

A: Wit/silwer. Ek wil die lig van die maan vir mense teken in hul donkerste tye sodathulle HOOP kan hê dat die son môre-oggend sal opkom.

V: Watter onderwyser het jou ‘n lewensles geleer?

A: Staan vir dit wat reg is, al beteken dit dat jy alleen moet staan – Mnr Cilliers.

V: Hoe proe water?

A: Water proe soos …uhmmmm…water…dink ek.

V: Wat is die een memory van VHS wat jy eendag vir jou kleinkinders gaan vertel?

A: Die feit dat my matriekjaar ontaard het in een van daardie flieks waar alle tot stilstand gekom het, as gevolg van ‘n pandemie.

 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article