Hoërskool Stellenbosch Cheerleaders het van 2 tot 4 Julie 2026 aan die South African Majorette and Cheerleading Association (SAMCA) Nasionale Kampioenskappe by die Matsport-sentrum in Pretoria deelgeneem. Die meisies van Hoërskool Stellenbosch se cheerleaders het hul merk gemaak met uitstaande prestasies.
Uitslae:
- All Girl 3 – 2de plek
- All Girl 4 – 3de plek
- Co-Ed – 2de plek
Daarby het 11 van Stellies se atlete, saam met afrigter juf. Lisa Parrok, deel gevorm van die Wes-Kaap-span wat ’n 1ste plek in die Provinsiale Senior Co-Ed-afdeling verower het.
Hierdie prestasies is ’n bewys van toewyding, harde werk en deursettingsvermoë – waardes wat ons cheerleaders elke dag uitleef.



Baie geluk aan al die atlete en afrigters! Julle is ’n inspirasie en dra met trots die naam van Hoërskool Stellenbosch.







You must be logged in to post a comment.