Hoërskool Solomon is baie trots op Amy Richter (gr.9) en mnr. Hendri Schutte wat gekies is vir ABS-produksies se “Speeltoneel Mentor My” onder leiding van Desiré Gardener, ‘n bekende televisiepersoonlikheid en aktrise.
“Mentor My” is ’n wonderlike geleentheid vir jong mense om kennis op te doen van die speelkuns deur fasiliteerders wat ondervinding het in die televisie-, teater- en filmbedryf.
Baie geluk.



