Agter vlnr: Deacon Cooper, Mieke Coetzee en Henro Kuhn

Voor links na regs, Anika Fourie en Anika Beukes

Hoërskool Punt van Mosselbaai is trots op die Punt-atlete, Deacon Cooper, Henro Kuhn, Mieke Coetzee, Joalize Steyn en Anika Fourie wat in die voorlopige ASWD-span, wat aan die 2021 TWIZZA ASA TRACK & FIELD CATERGORY CHAMPIONSHIPS gaan deelneem, ingesluit is.

Die items waaraan die atlete gaan deelneem is:

Seuns o.16 – Deacon Cooper Hammergooi, Henro Kuhn 1500m Hindernis en Henro Kuhn 1500m Hindernis.

Dogters o.16 – Mieke Coetzee Hammergooi, Diskus en Gewigstoot, Joalize Steyn 100m, 200m en 400m en Anika Fourie 100m.

Agter vlnr: Lee Wildemans en Adeline Roos
Voor: vlnr: Anika Fourie en Joalize Steyn

Seuns o.18 – Lee Wildemans 200m

Dogters o.18 – Adeline Roos Hammergooi, Anika Beukes 100m, 200m en Driesprong en Jandri Snyders 400m en 800m

Die byeenkoms sal vanaf 7 tot 10 April by die Dal Josaphat Stadion in die Paarl plaasvind.

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article