Hoërskool Punt van Mosselbaai, het op 23 Augustus aan die ATKV Tienertoneel-kompetisie by die Kunstekaap Teater (Kaapstad) deelgeneem.

Die kompetisie teen skole soos Hoërskole Tygerberg, Bloemhof, Jan van Riebeeck, en andere was besonder straf. Ten spyte hiervan het Hoërskool Punt die besondere prestasie behaal dat vier van hul akteurs – Lwazi Mpato, Marina Barnard, Jemé Allen en Karlien de Wet – elk 75% vir hul spel verwerf het.

Foto bo: Jemé Allen en Karlien de Wet

Foto links:  Lwazi Mpato en Marina Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article