Hoërskool Pietersburg: Noordvaal-sewes-rugbykampioene 2026!
Noordvaal-sewes-rugbykampioene 2026

Hoërskool Pietersburg: Noordvaal-sewes-rugbykampioene 2026!


Hoërskool Pietersburg, Polokwane, vier met trots die uitmuntende prestasie van ons o.17-sewesrugbyspan, wat die Noordvaal-kampioenskapstitel vir 2026 verower het.

Die Pieties het hul veggees en spanwerk ten volle uitgeleef deur al vyf wedstryde te wen:

  • PHS 37–7 Nelspruit
  • PHS 33–5 Marais Viljoen
  • PHS 14–7 Helpmekaar
  • PHS 15–14 Noordheuwel
  • Finaal: PHS 20–19 Montana

Die finale teen Montana was ’n ware naelbytstryd waarin die Pieties met ’n 20–19 oorwinning hul naam in die geskiedenisboeke verewig het. Hierdie prestasie getuig van uitstekende spanwerk, deursettingsvermoë en onwrikbare karakter.

Hoërskool Pietersburg spreek sy opregte waardering en gelukwensing uit aan elke speler en afrigter wat ons skool se vlag met trots laat wapper het. Julle oorwinning is ’n inspirasie vir elke Pietie en ’n bewys dat harde werk en vasberadenheid tot groot hoogtes lei.

Baie geluk, Noordvaal-kampioene!

https://pieties.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article