1ste Span seuns vlnr: Drikus de Jager, Micheal Mostert, Willem Breytenbach, Martin Moster en Albert Warren (Afrigter).

Hoërskool Outeniqua van George se tennis het die afgelope maand die Eden Distrik se been van die o.16, BNP Paribas RCS Rising Star oorheers.

Die Seuns A en B spanne het afsonderlik eerste en tweede  geeïndig en die Dogters A span het ook hul afdeling gewen.

Hulle gaan die naweek van 28-29 Mei aan die Provinsiale toernooi deelneem.

Die Kwaggas hou vir julle duimvas!

1ste Span dogters vlnr: Annika Kleinhans, Anja Bezuidenhout, Albert Warren (afrigter), Lisa Smit en Ile Lategan (afwesig)
2de Span seuns vlnr: Ivan Beukes, Johan Naudé, Kyle Baker en Louw de Bruin

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article