Hoërskool Krieket - Hoërskool Jim Fouché teen Outeniqua
Hoërskool Krieket – Hoërskool Jim Fouché teen Outeniqua

Hoërskool Krieket – Hoërskool Jim Fouché en Hoërskool Outeniqua


Hoërskool Krieket. 🏏 Hoërskool Jim Fouché eerste span se kragvertoning teen Hoërskool Outeniqua van George.

Hoërskool Jim Fouché se eerste krieketspan het Saterdag, 4 Oktober, op Outeniqua se tuisveld in George, ‘n klinkende oorwinning behaal teen Hoërskool Outeniqua – en dit met ‘n indrukwekkende 7 paaltjies!

Outeniqua het eerste gekolf en kon slegs 153 lopies in 48.4 beurte aanteken voordat hul laaste paaltjie geval het. JF se boulers was vuurwarm:

JF se sterboulers:

  • Jarreth Scott het die aanval gelei met ‘n briljante 4 paaltjies vir net 30 lopies.
  • Cobus Wilken het 2 paaltjies vir 19 lopies geneem.
  • André Kleyn het ook bygedra met 1 paaltjie vir 18 lopies.

Jim Fouché het met selfvertroue geantwoord en die teiken van 153 lopies gemaklik bereik in 35.4 beurte, met 158/3 op die telbord.

JF se sterkolwers:

  • Cobus Wilken het die dag behoorlik laat vonkel met 76 lopies nun
  • Franco de Necker het hom uitstekend ondersteun met 51 lopies nun

🎉 Spesiale mylpaal: Baie geluk aan Cobus Wilken wat gister sy 100ste wedstryd vir die eerste span gespeel het. Hy het dit met ’n meesterlike vertoning bekroon!

JF se span

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://jf.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article