JF-leerders, Cara Hoffman, AJ Theron, Ruwan van Niekerk en Stiaan le Roux blink uit in verskeie nasionale buitesportprestasies!
Cara Hoffman – Karate
Cara het op 17 en 18 Julie 2026 aan die Elite Ope Karate Kampioenskappe deelgeneem. Sy het in die Kadet Meisies Kumite-afdeling meegeding en ’n silwer medalje verower — ’n uitstekende prestasie wat haar toewyding en tegniese vaardigheid beklemtoon.
Ruwan van Niekerk & Stiaan le Roux – Stoei
Ruwan en Stiaan het op 18 Julie 2026 aan die Suid-Afrikaanse Vrystylstoei-kampioenskappe in Pretoria deelgeneem.
- Ruwan het in die 60 kg-afdeling ’n 3de plek behaal.
- Stiaan het in die 71 kg-afdeling ’n 4de plek verower. Beide leerders het met trots en vasberadenheid hul skool verteenwoordig.
AJ Theron – Laser Run, Triathle & Biathle
Van 2–4 Julie 2026 het AJ aan die South African Laser Run, Triathle en Biathle Championships in Pietermaritzburg deelgeneem en die volgende uitslae behaal:
- Laser Run: 2de plek
- Triathle: 3de plek
- Biathle: 8ste plek
AJ Theron – Obstacle Course Racing
AJ het op 23 Mei 2026 by die Vrystaatse OCR-kampioenskappe by Be Human deelgeneem en die 1ste plek in die seuns o.19-afdeling behaal. Hy het 12de algeheel geëindig en is tans gesamentlik eerste op die nasionale ranglys — ’n merkwaardige prestasie vir ’n jong atleet.








You must be logged in to post a comment.