Die afgelope paar weke het uitspele vir die Gert Sibande-liga vir Groot skole plaasgevind en die Erries se netbal het hard gespeel op die baan en uitstekende spel gelewer – keer op keer!

Hoërskool Ermelo Calstar Eerste Netbalspan is naaswenners in dié liga. Hulle het slegs met 2 punte verloor teen Hoërskool Secunda.

Die Erries se o/15A- en o/16A-netbalspanne eindig derde.

EHS se o/14A-span is ook as naaswenners gekroon met. Dieselfde as met die Eerstespan is Secunda eerste in die liga, EHS tweede en Ligbron derde.

Eerskomende naweek, 9 Junie, speel die Hoërskool Ermelo Calstar Eerste Netbalspan teen Hoërskool Lydenburg en Hoërskool Middelburg tydens die MUSSA-kampioenskappe in Middelburg.

Die o/14A-span speel teen Hoërskool Lydenburg en Generaal Hertzog in die MUSSA-kampioenskappe te Generaal Hertzog in Witbank op Vrydag en Saterdag, 8-9 Junie.

Baie geluk en sterkte, dogters. Die Erries is trots op julle!

Foto bo: Amy Greyling
Foto onder: Tegan Panos

Tegan Panos 14

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article