Dit is met trots dat ons wil aankondig dat mnr. Adrian More (gewese DF-koorafrigter) onlangs ‘n boek op Amazon vrygestel het. Wat hierdie aankondiging meer spesiaal maak, is dat een van ons matriekseuns, Ivan-Harry Beaumont, die illustreeder is! Ivan-Harry het al die illustrasies behalwe die voorblad gedoen.
Die boek, True Magick: The Weaving, kan hier gevind word: https://www.amazon.com/True-Magick-Weaving-Adrian-More-ebook/. As u enige navrae het of dalk die harde kopie wil bestel, kan u direk vir mnr. More by modernmuso@gmail.com kontak of vir hom ‘n boodskap op 079 368 6065 stuur.
“Baie geluk, mnr. More! Ons is so trots op jou!”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article