Donderdagaand, 27 Februarie, het die MOOD kantoor toekennings gemaak aan hoërskole vir hul uitslae in die graad 9-sistemiese toetse en ook die graad 12 NSS-uitslae van 2019.

Hoërskool Brackenfell spog met 15 sertifikate vir die volgende:

In die graad 9-sistemiese toetse bo 80% in tale geslaag en ook bo 50% in Wiskunde geslaag.

Hulle spog ook met hul graad 12 NSS vir 80% B-Graad toelatings, bo 90% geslaag en bo 95% geslaag in die volgende vakke:  Rekeningkunde, Afrikaans EAT, Afrikaans HT, RTT, Verbruikerstudies, Ekonomie, English HL, English FAL, Geografie, Wiskunde Geletterdheid en Toerisme.

Brakkies is baie trots op hul opvoeders en leerders. Harde werk word beloon!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article