Foto bo: Marlinka Zurich Meisies o/15 SG (35,70m)

Hoërskool Aliwal Noord het Vrydag 19 Maart ‘n skoolatletiekbyeenkoms aangebied by Sauerpark vir die eerste keer in tien jaar!

Nee, dit is nie ‘n droom nie! Na weke se harde arbeid het Sauerpark weer ‘n atletiekbyeenkoms opgelewer. Die nuut-oorgedoende atletiekbaan het gesorg vir blits vinnige tye en die rekords het behoorlik gespat op die baan asook op die veld.

Baie geluk aan die leerders wat rekords verbeter het.

Tine Pretorius Meisies o/14 GS(10,05m)
Reinier Fourie Seuns o/16 DG (39,31m)
Robert Orrock Seuns o/17 (9:50.00s) 3000m
Catherine van Aardt Meisies o/14 (11:39.63s) 3000
Ethan Du Plessis Seuns o/16 200m (23,70s) 200m en100m (11,10s)
Petra Kok Meisies o/14 200m (28,60s) en 100m (13,06s)
Keeshaun Basson Seuns o/14100m (11,90s)

Die dag sou perfek gewees het as ondersteuners toegelaat was maar dit was mooi om te sien hoe die Alie-atlete mekaar aangepor het.

Ons sê baie geluk aan die volgende leerders wat rekords verbeter het.

.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article