Oranje se gr. 11’s was Maandag vir die laaste rukkie van hulle skooljaar skoenloos.
Die skoene gaan vir die Voetspore-projek waarmee die liefdadigheidsorganisasie Kindersorg Bloemfontein skoene vir minderbevoorregte kinders insamel.
Andri Smith sê sy hou daarvan om te gee. “Ek hoop dat die gebaar ’n verskil in iemand anders se lewe maak.”
Annelia Coetzer sê sy gaan nie weer haar skoolskoene gebruik nie en liewer as om stof te vergader, skenk sy dit aan iemand wat dit baie meer nodig het. “As ek iemand kan help, skenk ek my skoene met ’n glimlag.”






You must be logged in to post a comment.