’n Oud-eend Anzelle Kiddie het onlangs op haar gradeplegtigheid nie net ’n spesiale toekenning in ontvangs geneem nie, sy was sommer ook die hoofspreker.
Kiddie (gebore Steyn) het in 1999 aan Oranje gematrikuleer. Sy het die voorsitter-toekenning op die Southside College of Health Sciences se plegtigheid ontvang waar sy die graad Associate of Applied Science in Radiation Science verwerf het.
Die toekenning word nie elke jaar toegeken nie en is tot die diskresie van die voorsitter. Volgens die beskrywing word dit toegeken aan die student wat die beste voorbeeld van kennis, leierskap en gemeenskap diens gewys het.
Kiddie se toespraak het gehandel oor ’n mens se siening van omstandighede en hoe dit bepaal hoe jy ’n situasie gaan beleef.
Sy werk as ’n diagnostiese radiografis by die Southside Regional Medical Center in Chesterfield, Virginia in Amerika waar sy en haar gesin sedert 2004 woon.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article