Bloemfontein – Grey Kollege het die afgelope naweek met trots aan die SA Skole MTB-finale deelgeneem. Die finale het in Stellenbosch plaasgevind. Hierdie prestigeryke wedren lok die land se beste skole en ryers, asook ’n span van Namibië.
Uit ’n veld van 121 skole en sowat 600 ryers het Grey Kollege ’n indrukwekkende 11de plek behaal. Grey se Joshua Mosterd het uitmuntend gevaar met ’n sesde plek in die skole jeugwedren en ’n agtste plek in die provinsiale wedren – ’n prestasie wat sy talent en vasbyt onderstreep.


“Grey Kollege is trots op elke ryer en afrigter wat hierdie prestasie by die SA Skole MTB-finale moontlik gemaak het.”
https://greycollegesecondary.com/
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.