Hoër Volkskool Graaff-Reinet vier ’n merkwaardige prestasie. Frederik de Klerk het met sy uitmuntende vertoning in die Nelson Mandelabaai-distrik se skolebergfietskompetisie sy plek in die Oos-Kaap-provinsiale bergfietsryspan losgery.

Hy is gekies in die Subjunior-seuns, hoërskoolafdeling en het vandag sy amptelike spanuitrusting ontvang. Op 3 en 4 Oktober gaan Frederik die Oos-Kaap met trots verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Skole Fietsry-finaal in Stellenbosch.

Hierdie prestasie plaas nie net hom nie, maar ook sy skool en streek op die nasionale kaart. Baie geluk, Frederik — jy dra die Oos-Kaap én Volkskool se naam met trots!

https://hvsgrt.org.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article