Fietsry byeenkomste - Truida Kestell verteenwoordig Vrystaat
Fietsry byeenkomste – Truida Kestell verteenwoordig Vrystaat

Fietsry byeenkomste – Truida Kestell verteenwoordig Vrystaat


Fietsry byeenkomste. 🏅 Laerskool Truida Kestell skitter op provinsiale en nasionale vlak! Foto: Heili van Heerden, Lian Symington, Emme Wessels.

Bethlehem se eie Truidjies maak golwe! Vyf uitmuntende leerders van Laerskool Truida Kestell is met trots gekies om die Vrystaat te verteenwoordig tydens die Interprovinsiale byeenkoms in Tzaneen van 10 tot 12 Oktober. Die vyf trotse fietsryers is — Lian Symington, Ruhan Steyn, Heili van Heerden, Emme Wessels en Elian Wessels

🌟 Maar dit stop nie daar nie! Heili van Heerden, Lian Symington en Emme Wessels het boonop hul plek in die Vrystaatspan vir die Nasionale byeenkoms ook verseker. Dit vind ook in Tzaneen, op dieselfde datums, plaas.

🎉 Truidjies is ongelooflik trots op julle! Julle harde werk, toewyding en deursettingsvermoë is ’n inspirasie vir almal. Die hele Vrystaat staan agter julle. Ons weet julle gaan die Truidjies se naam met trots en glans hoog hou!

Voor: Lian Symington. Agter: Ruhan Steyn, Heili van Heerden, Emme Wessels, Elian Wessels

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://truidakestell.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article