Fichie Hokkie - Hoërskool Fichardtpark susters in 1ste span
Fichie Hokkie – Hoërskool Fichardtpark susters in 1ste span

Fichie Hokkie – Hoërskool Fichardtpark susters in 1ste span


Fichie Hokkie. Twee pare Fichie Hokkie susters speel saam in Hoërskool Fichardtpark se 1ste meisies hokkiespan. Hulle is Lana van Deventer (Graad 12) en Lisa van Deventer (Graad 9), sowel as Zané van Heerden (Graad 12) en Valri van Heerden (Graad 9).

Lana en Zané glo dat dit ‘n wenresep is. Hulle is vasberade om, saam met die nuwe afrigter en nege nuwe spelers, ‘n kultuur van positiwiteit en samewerking in die span te bou.

Lisa en Valri voel bevoorreg om deel te wees van die span en sien uit daarna om by hul ouer susters te leer.

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://fpark.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article