Fichardtpark Sportdag. Hoërskool Aliwal-Noord se rugby- en hokkiespanne het Saterdag deelgeneem tydens die Fichardtpark Sportdag in Bloemfontein.

Rugby uitslae:

  • Onder 14’s wen 32 – 0 teen Jim Fouche se B span
  • Onder 15’s verloor 17 – 10 teen Goudveld o/ 15 A
  • Onder 16’s verloor 64 – 0 teen Goudveld o/16A
  • 1ste Span wen 19 – 0  teen Hentie Cilliers o/19A

Punte aangeteken by die 1ste span is soos volg: Marco Langenhoven slaag met 2 doelskoppe, Buhle Moyake, Duran Sauer en Hlumelo Siciko druk elkeen ‘n drie.

Dit was ‘n heel suksesvolle dag op die rugbyveld en daar is groot verbetering getoon.

Hokkie uitslae:

ANHS se eerste hokkiespan speel teen Jim Fouche se 0/19 B span. Die dogters het puik hokkie opgedis en klop hul opponente 4-0!

Alies is baie trots op hul hokkie dogters.

ANHS 1ste rugbyspan

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article