Fichardtpark Primêre Skool is ‘n skool wat kan saamstaan om ‘n verskil te maak. Hulle het op 31 Augustus en 1 September ‘n Omgee-Dag ten bate van die Koskasprojek gehou. Fichies het ruim kosprodukte geskenk vir minderbevoorregte persone wat nie kos het nie.
Leerlinge moes ook op hierdie twee dae snaakse sokkies aantrek. Daar is ‘n wenklas in elke graadgroep aangewys.
Fichies bedank almal wat hulle harte oopgemaak het om aan ander te gee wat nie het nie.
Die koskas is nou lekker vol!!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article