FAK Geskiedenisolimpiade. Eicke Crafford, ‘n gr. 11-leerder van Hoërskool Upington het aan die FAK Geskiedenisolimpiade deelgeneem. Die olimpiade het gehandel oor die Anglo-Boereoorlog.
Met ’n uitmuntende prestasie van 87,5% het sy gewys dat harde werk, belangstelling en toewyding altyd vrugte afwerp. Hierdie prestasie is nie net ’n persoonlike oorwinning nie, maar ook ’n inspirasie vir haar medeleerders en die hele Uppie-familie.
Uppies is ongelooflik trots op haar. Haar deursettingsvermoë en liefde vir geskiedenis laat die Uppie-vlag hoog wapper en wys dat akademiese uitnemendheid steeds ’n kernwaarde by Hoërskool Upington is.
“Mag hierdie mylpaal net die begin wees van nog vele hoogtepunte op jou pad — jy is ’n ware rolmodel vir jou skool en gemeenskap.”






