Dance Star World Finals - Milah Ross van Hoërskool Strand verower die wêreld!
Milah Ross verower die wêreld by die Dance Star World Finals (Foto verskaf)

Dance Star World Finals – Milah Ross van Hoërskool Strand verower die wêreld!


Dance Star World Finals. Milah Ross van Hoërskool Strand het die wêreld verower. Sy het Suid-Afrika met trots verteenwoordig tydens die Dance Star World Finals in Poreč, Kroasië. Tussen die wêreld se topdansers het sy haar plek vol gestaan en met blink resultate teruggekeer!

Milah behaal die volgende prestasies:

Solo-prestasies (B League):

  • Musical Theatre: 2de plek
  • Hip Hop: 9de plek
  • Jazz: 11de plek
  • Lyrical: 13de plek

Groep-prestasies:

  • Musical Theatre (A League): 4de plek
  • Musical Theatre (B League): 5de plek
  • Musical Theatre (B League): 6de plek

Met elke draai, sprong en uitdrukking het Milah gewys dat talent en harde werk hand aan hand loop.

“Arende is ongelooflik trots op jou – jy inspireer ons om hoog te mik en verder te vlieg!”

https://hsstrand.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article