Hoërskool Salomon Senekal, Viljoenskroon, is baie trots op Ewald van Jaarsveld. Ewald is uitgenooi om aan die SA Jagters Nasionale Junior Skietkampioenskappe deel te neem wat op 2 en 3 Oktober in Welkom plaasvind.
Ewald sal die Vrystaat verteenwoordig in die o.13 Lugpistool- en o.13 Springer Luggeweer-afdelings. Dit is ’n merkwaardige prestasie vir hierdie jong skietster van die Vrystaat.
Sy toewyding strek egter verder as sport-deelname. Ewald van Jaarsveld het ook ’n leierskapskursus suksesvol voltooi wat hom die geleentheid bied om as assistent-instrukteur in karate op te tree.
Met sy talent, dissipline en leierskap is Ewald ’n inspirasie vir Hoërskool Salomon Senekal en gemeenskap.
Foto verskaf






