Erries Seunshokkie. Op Woensdag, 2 Maart, het Hoërskool Ermelo se seunshokkiespanne vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Oosterland gespeel. Hierdie wedstryde is gereël ter voorbereiding van die ligawedstryde wat volgende week begin. Die eerste- en onder 16-span is besig om die spanne vir die seisoen te finaliseer. 

Die 016 Erries seunshokkie span speel gelykop 1-1. Ruan Ludwig het EHS se doel geskiet. 

Die eerste span wen 2-1. CJ van Huyssteen en Carel Jacobsz het EHS se doele geskiet. 

Op 9 Maart sal die seunshokkieliga begin, en EHS sal die seisoen teen Hoërskool Secunda afskop. 

Sterkte, Erries!

CJ Steenkamp
Gideon Boersema
Rynard Herholdt

Foto’s verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article