Verskeie EHS-ruiters het aan twee verskillende Mpumalanga- kwalifiserende rondes deelgeneem vir onderskeie kategorieë en die Erries het uitstekend presteer. Die rondes het plaagevind in Badplaas.

In die Dresseer Mpumalanga kwalifiserende ronde presteer die volgende leerders as volg:

Helené Lotz behaal twee eerste plekke in onderskeidelik Elementary Medium, asook die Dresseer-klas.

Simoné Jacobsz palm drie eerste plekke in: een in die Performance Riding-klas en twee in die Novice Dresseer-klas.

Sudré Meyer behaal ook ‘n tweede plek in die Equestrian-klas.

In die Mpumalanga Show jumping kwalifiserende rondes het Hoërskool Ermelo se leerders ook presteer. Die Errie-ruiters behaal die volgende plekke in die onderskeie klasse:

Accumulator, 70cm-klas:
Eerste plek: CJ Steenkamp
Derde plek: Sudré Meyer

Competition, 70cm-klas:
Eerste plek: CJ Steenkamp
Tweede plek: Sudré Meyer

Competition, 80cm-klas:
Tweede plek: Mia Steenkamp

Accumulator, 90cm-klas:
Eerste plek: Mia Steenkamp
Tweede plek: Inge van der Walt

Competition, 90cm-klas:
Eerste plek: Inge van der Walt
Tweede plek: Mia Steenkamp

Competition, 110cm-klas:
Eerste plek: Walter van der Walt

Competition, 120cm-klas:
Eerste plek: Walter van der Walt

Baie geluk aan elke ruiter wat so uitsonderlik presteer het. Julle maak Hoërskool Ermelo keer op keer trots.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article