Tydens 2019 se Ermelo Hoëveldskou het die Erries weer hul bekende Skou-restaurant bedryf.
Dit was die een-en-twintigste jaar wat EHS die voorreg gehad het om dit te kon bedryf en soos elke jaar vantevore was daar lekker kos, lekker kuier en lekker mense!
EHS se restaurant behaal ‘n algehele tweede plek vir die stalletjie wat die mooiste lyk.
Die samewerking van kinders, ouers, onderwysers en die gemeenskap het gesorg dat 2019 se Errie-restaurant ‘n reuse sukses was. EHS bedank elkeen wat deel was van dié feestelike tradisie.
Foto bo: Hayley, Allison, Billy en Nicky van der Walt tydens die skou





You must be logged in to post a comment.