Vanjaar het Hoërskool Ermelo se jeugskou vlam gevat en was sommer reeds met die eerste skou aan die brand.
Die eerste skou is aangebied deur Morgenzon Landbou Akademie op Woensdag 27 Februarie. Die Erries het met drie eerste plekke, een vierde, vyfde en sesde plek die dag suksesvol afgesluit.
Billy van der Walt wen die senior wedvlugduif-afdeling. Kayla Lourens wen die senior sierduif-afdeling en Jana Nel wen die senior suiwelbereiding-afdeling. Monique Ferreira behaal ‘n vierde plek in die konyn-afdeling. René Louwrens neem ‘n vyfde plek in in die perde-afdeling en Sumari Fouché ‘n sesde plek in die perde-afdeling.
In 2019 het die Errie Jeugskou met tien leerders gegroei en ons sien uit daarna om na élke skou steeds te bly groei.
Baie geluk aan die leerders wat plekke behaal het. Die EHS is trots op elkeen.
Foto bo: René Louwrens en Su-Mari Fouché







You must be logged in to post a comment.