Die graad 11-Landbou-leerders van Hoërskool Ermelo het Woensdag 14 Februarie 2018 vertrek na Delmas om die groot Pannar-dag vir Mpumalanga by te woon.

Daar het die leerders alles terdeë geniet en geleer van die gewasproduksie in die verskillende dele van ons land, grondbewerking vir die spesifieke gewasse en siekte beheer op gewasse. Die Erries was uiters geïnteresseerd en het met groot vrymoedigheid vrae gevra om hul kennis te verbreed.

Die dag is afgesluit met heerlike eet- en drinkgoed, verskaf deur Pannar. Die Erries sien uit om weer volgende jaar daar te draai!

GERZANDRA FOURIE

 

 

 

Foto links:   Gerzandra Fourie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article