Hoërskool Durbanville is trots om aan te kondig dat twee van die skool se uitmuntende leerders, Mia de Nysschen (Graad 9) en Simone Freeman (Graad 10), tydens die Tygerberg Eisteddfod se Prestigeaand 2026 vereer is vir hul besondere prestasie en veelsydigheid.

Mia de Nysschen het die gesogte toekenning ontvang as Mees Veelsydige Deelnemer – Drama, Senior Afdeling 2026. Sy het aan sewe items deelgeneem en daarin geslaag om vyf kategorieë te wen. Dit is ’n bewys van haar talent en toewyding.

Simone Freeman

Simone Freeman is by die Tygerberg Eisteddfod bekroon as Mees Veelsydige Deelnemer – Musiek, Senior Afdeling 2026. Met deelname aan tien items en drie kategorie‑oorwinnings het sy haar plek as ’n veelsydige en toegewyde musikant bevestig.

Hierdie prestasies weerspieël nie net hul harde werk en passie nie, maar ook die gees van uitnemendheid wat Hoërskool Durbanville nastreef.

https://durbanvillehs.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article