Distrik- en Nasionale Hokkietoernooie - Hoërskool Linden
Distrik- en Nasionale Hokkietoernooie – Hoërskool Linden

Distrik- en Nasionale Hokkietoernooie – Hoërskool Linden


Distrik- en Nasionale Hokkietoernooie. Linden se Hokkietrots Skitter op Provinsiale Verhoog! Foto van links: Joshua Oosthuizen, Frederik van Deventer, Simeon Kleynhans, Luan Badenhorst

Hoërskool Linden se hokkie-afdeling is besig om geskiedenis te maak! Hierdie jaar word die skool op indrukwekkende wyse op provinsiale vlak verteenwoordig, en ons harte bars van trots. Tien uitmuntende hokkiespelers én vyf toegewyde afrigters is gekies om Hoërskool Linden én Southern Gauteng te verteenwoordig tydens die opkomende Distrik- en Nasionale Hokkietoernooie.

Hier is die sterre wat ons naam hoog hou:

🏑 Seuns

Regional IPT @ Kearsney College (28 Junie – 3 Julie):

  • Simeon Kleynhans – o.14B-span
  • Joshua Oosthuizen – o.14 Blouspan
  • Frederik van Deventer – o.14 Blouspan
  • Luan Badenhorst – o.14 Geelspan

Regional IPT @ Michaelhouse (29 Junie – 3 Julie):

  • Ruaan du Toit – o.16 Blouspan
  • Jan Hendrik Weideman – o.18D-span
  • Christopher Nqasa – o.18D-span

🏑 Dogters

Regional IPT @ Nelspruit (14 – 18 Julie):

  • Lisa Muller – o.16D-span

National IPT @ Hilton College:

  • Karmi Müller – o.16B-span (7 – 13 Julie)
  • Megan Müller – o.18B-span (29 Junie – 5 Julie)

Afrigters wat ook hul merk maak:

Southern Gauteng Manspan:

  • Michael Horan
  • Travis Krumples

Southern Gauteng Damespan:

  • Julie du Plessis
  • Kelsey Stark
  • Mnr. Leon Keulder (Assistent-afrigter)

Linden staan bankvas agter elke speler en afrigter! Julle harde werk, toewyding en passie vir die sport is ’n inspirasie vir ons almal. Gaan wys wat in julle steek – ons glo in julle elke tree van die pad!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://linden.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article